Skilpadtepel
Adam Tas
3:25Waar die hemel en die aarde aan mekaar raak En die sekelmaan die donker in twee kraak Waar die rooi sand aan die blou van die see vat Die Karoo verlang na die reëns nat Daar lê ‘n Boerseun se droom Hy dra sy taal as sy kroon Met sy hart op sy mou Sy voete op die grond Sy hande saam gevou Op sy knieë voor die altaar want hy weet sy Here is daar Waar die rivier sy loop deur kameelbos stoot En drome laat wegdryf na die see Waar die wingerdstok vas in die kalk druk En die kinders baljaar in ‘n sinkbad Daar lê ‘n Boerseun se droom Hy dra sy taal as sy kroon Met sy hart op sy mou Sy voete op die grond Sy hande saam gevou Op sy knieë voor die altaar want hy weet sy Here is daar Daar lê ‘n Boerseun se droom Hy dra sy taal as sy kroon Met sy hart op sy mou Sy voete op die grond Sy hande saam gevou Op sy knieë voor die altaar want hy weet sy Here is daar