Liefdeslied (Feat. Adam Tas, Ampie, Liezel Pieters & Pieter Koen)
Jak De Priester
4:13Die lewe loop draaie met klomp kronkel paaie Jy is op spoed maar die robot slaan rooi Dalk is daar iets wat wil sê raak bietjie rustig Jy spring uit die bed en jaag na die werk Jy dink aan jou deadlines en jy sweet in die kerk Maar dalk is daar iets wat wil sê raak bietjie rustig Sit agteroor en skink ‘n glas wyn Trek uit jou skoene vergeet van die pyn Want jy glimlag vir almal maar nooit vir jouself Jy pronk vir die wêreld maar jy raas met jouself Ek sê sit agteroor en raak bietjie rustig Die kinders word groot en ons bietjie oud Die tyd jaag verby en ons jaag vir goud Maar dalk is daar iets wat wil sê raak bietjie rustig Ons jaag na die toekoms vergeet van die nou Ons begasie raak swaarder ons wil aan alles vas klou Maar dalk is daar iets wat wil sê raak bietjie rustig Sit agteroor en skink ‘n glas wyn Trek uit jou skoene vergeet van die pyn Want jy glimlag vir almal maar nooit vir jouself Jy pronk vir die wêreld maar jy raas met jouself Ek sê sit agteroor en raak bietjie rustig Ons wonder oor die toekoms bekommer oor ons land Waarheen is gister waar gaan ons beland? Ons jaag deur ons drome moet onsself altyd vind Ons is kinders met Iphone’s, ons is kinders van die wind Sit agteroor en skink ‘n glas wyn Trek uit jou skoene vergeet van die pyn Want jy glimlag vir almal maar nooit vir jouself Jy pronk vir die wêreld maar jy raas met jouself Ek sê sit agteroor en raak bietjie rustig Sit agteroor en raak bietjie rustig