Hillbrow

Hillbrow

Johannes Kerkorrel En Die Gereformeerde Blues Band

Альбом: Eet Kreef!
Длительность: 4:04
Год: 1985
Скачать MP3

Текст песни

Ou man sit by die straat kafees
En kyk al die mense loop heen en weer
Die boemelaars raas by die Wimpy bar
En Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders sit in die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand
En hou dan die hand
En hou dan die oop hand

Gee gee gee
Gee gee gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir die Hillbrow
Gee jou hart vir die Hillbrow

Uit Quartzstraat hoor ek n meisie my roep
Daar’s ‘n Hari Krishna wat vra wat ek soek
Ken ek vir Jesus, vra ‘n man op die stoep
Tussen Hillbrow Records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrowtorings
Sy sein in die nag
Sy sein in die nag
Sy sein vir die junkies wat wag

En gee gee gee
Gee gee gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir die Hillbrow
Ja gee jou hart vir die Hillbrow

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel
En stemme en musiek klink in elke woonstel
Ons sit in die son en drink wyn
Ons survive met ‘n hel se lot pyn in die land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra

Gee gee gee
Gee gee gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir die Hillbrow
Ja, gee jou hart vir die Hillbrow
Komaan gee jou hart vir die Hillbrow