Vat Die Houe

Vat Die Houe

Ruan Josh

Альбом: Vat Die Houe
Длительность: 3:13
Год: 2023
Скачать MP3

Текст песни

Vat die Houe 

Kan jou die wêreld nie belowe nie
En ek belowe nie die wêreld nie 
Ek kan vir ewig nie verseker nie
Want ek's verseker nie vir ewig nie

As ek verkeerd is kan jy my regstel 
Want ek's reg om verkeer te wees 
En soos die goedheid in die sleg 
Voel dit soms sleg om goed te wees 

Beloftes maak is nie vir my nie, maar ek sal nie ophou vir jou baklei nie

En wanneer hierdie hande net nie meer al die houe sal kan keer moenie dink ek sal nie weer probeer 
En wanneer hierdie skouers net nie meer as die wig dra, moet jy weet ek sal aanhou en weer probeer 
Vat die houe

Die lewe spel nie soseer jou pad uit nie 
En jou seerpad is nie die einde nie 
Almal se woorde slaan nie huistoe 
En jou huis is nie hulle woorde nie 

Beloftes maak bring my nie nader 
Ek sal aanhou, ek probeer weer harder 

En wanneer hierdie hande net nie meer al die houe sal kan keer moenie dink ek sal nie weer probeer 
En wanneer hierdie skouers net nie meer as die wig dra, moet jy weet ek sal aanhou en weer probeer 
Vat die houe

Vat die houe 

Al skeur die grond se vastheid onder my voete uit 
My kruis sal ek optel en bly dra 
Al sirkel die aasvoëls en die wolwe bly probeer
My oë sal op bly kyk

En wanneer hierdie hande net nie meer al die houe sal kan keer moenie dink ek sal nie weer probeer 
En wanneer hierdie skouers net nie meer as die wig dra, moet jy weet ek sal aanhou en weer probeer 
Vat die houe
Vat die houe 
Ek vat die houe