Beste Dae
Twee
4:03Gee vir my 'n rede waarom ek moet betaal met my lewe Gee vir my 'n soen en jy staar verby Ek, sal hierdie duiwels weg jaag Jy staan daar in jou godelike gewaad en dit maak my kwaad As ek dink aan alles wat ons agterlos As die maan Vir die son moet plek maak En ek weet dat jy deur my sien As ek vir jou sê dat ek jou gaan verniel Maar tog sal ek staan en ek wil vir jou vra Of ek vir jou mag sê Ek wil vir jou sing Ek wil vir jou skree Ek wil met jou liefde maak En dit alles vir jou gee Ek wil vir jou sing Ek wil op jou skree Ek sal jou oorlog gaan veg Ek sal bloei vir jou ek sweer My wang lê teen jou hand Jou belofte konstant Gee 'n teken Die hemel weet Kan jy nog daai oggend onthou Ek't gestaan en geklou aan jou wese Het die einde dalk begin Want tyd raak nou min Jy trap spore Tog bly ek verlore in elke woord wat in die gange van jou oë weergalm in En ek weet dat ek deur jou sien As jy vir my sê dat jy my gaan verniel En tog sal ek staan en ek wil vir jou vra Of ek vir jou mag sê Ek wil vir jou sing Ek wil vir jou skree Ek wil met jou liefde maak En dit alles vir jou gee Ek wil vir jou sing Ek wil op jou skree Ek sal jou oorlog gaan veg Ek sal bloei vir jou ek sweer Ek wil vir jou skree Ek sal bloei vir jou ek sweer Ek wil vir jou sing Ek wil vir jou skree Ek wil met jou liefde maak En dit alles vir jou gee