Skilpadtepel
Adam Tas
3:25Daar’s ‘n bloedstreep in die lang gras En ‘n kalfie snuif vanoggend wind Maar by sy ma se lêplek sal hy ‘n karkas tussen bome vind En ek sweer ek kan sy seer ook voel wat so swaar is om te dra Want ons is skadus van dieselfde son ons is al twee deel Van Afrika O wie is jy hier o wie is jy Wat die reuse so laat val? O wie is jy hier o wie is jy Wat kyk hoe alles om jou vergaan? O wie is jy hier o wie is jy? En ek wens ek’s eendag naby As daai groot plathand jou raakslaan Voel vere vir jou bygeloof jou kastige kultuur Laat my somtyds wonder wie is mens en wie is dier In die ooste waar die son op kom is sy heerskappy van moord Dis tyd dat sy dienaars terugkruip na daar waar hulle hoort En ‘n stem roep my uit Afrika Die tyd het min geraak Want eendag gaan ons kinders vra Hoe't ons dit toegelaat? O wie is jy hier o wie is jy Wat die reuse so laat val? O wie is jy hier o wie is jy Wat kyk hoe alles om jou vergaan? O wie is jy hier o wie is jy? En ek wens ek’s eendag naby As daai groot plathand jou raakslaan O wie is jy hier o wie is jy Wat die reuse so laat val? O wie is jy hier o wie is jy Wat kyk hoe alles om jou vergaan? O wie is jy hier o wie is jy? En ek wens ek’s eendag naby As daai groot plathand jou raakslaan