Draadloosdae
Adam Tas
4:34Vanaand sal ek jou soek Oor ‘n flikkerende kers Vanaand sal ek jou roep Oor ‘n onvoltooide vers Want ons harte het geweet Wat ons gewetes wou vergeet En jy lieg moeilik vir ‘n hart Sonder om vir hom te breek Ek wens vir jou Lemoenbloeisels uit ‘n mooi vallei En skadubome langs die pad Voor ons verder ry Drome sonder heinings Liefde sonder seerkry En ‘n kamer in jou hart Waar ‘n engel kan gaan bly Aan die einde van my asem Sal die woorde wat ek moes sê Wat ek nou soos ‘n offer By jou voete neer wou lê Maar my lag voel soos ‘n leuen Wat die werklikheid wegsteek En net jy en jy alleen Sal ooit hierdie waarheid weet Ek wens vir jou Lemoenbloeisels uit ‘n mooi vallei En skadubome langs die pad Voor ons verder ry Drome sonder heinings Liefde sonder seerkry En ‘n kamer in jou hart Waar ‘n engel kan gaan bly Sal jy vanaand vir oulaas In my asem kom blaas? Sodat ek nog net eenkeer ‘n Gedig oor jou lyf kan blaas? En heelnag langs jou sit Om Antjie Somers te verjaag En hopeloos te bid Vir ‘n tweede kans vir ‘n tweede kans Ek wens vir jou Lemoenbloeisels uit ‘n mooi vallei En skadubome langs die pad Voor ons verder ry Drome sonder heinings Liefde sonder seerkry En ‘n kamer in jou hart Waar ‘n engel kan gaan bly