Sally Williams Nougat
Jak De Priester
4:16Ek wou ook emigreer het maar waar heen sou ek gaan? Op 'n vliegtuig na Nieu-Seeland maar my kindertjies moet saam En wat dan van die honde wat moet wag in kwarentein? En die kinders wat moet Engels praat al is hul nog so klein Ek wou die land verlaat het op soek na wie weet wat Is Australië die plek dan wat die toekoms ons heen vat? Maar wat dan van ons ouma en ons oupa wat ons roep? Want as ek middernag in Brisbane is sit hulle op die stoep En toe semi greer ons liewer na die Wes-Kaap toe Van Somerset tot Stellenbosch na die Paarl toe Lekker in Hermanus daar is rooiwyn in my tee Nou braai ek met my pelle Pretoria by die see Ons wou ook emigreer het maar wie sal ons verstaan? Is Hollands nie dieselfde nie, is amper Afrikaans Of England se winter is die sonskyn meestal grys Toe kies ek maar die Kaap se weer en 'n kaggel in ons huis En toe semi greer ons liewer na die Wes-Kaap toe Van Somerset tot Stellenbosch na die Paarl toe Lekker in Hermanus daar is rooiwyn in my tee Nou braai ek met my pelle Pretoria by die see Wie ken my stories in Amerika? Hoe sê jy my naam dan in Japan? Waar is my siel dan in Kanada? As ek met warm kouse rond loop in die gang Hoe maak ek nuwe vriende in die hitte van Dubai? Hoe maak ek net verlange as ek dink aan Mosselbaai? Hoe praat ek Afrikaans op 'n trein in Amsterdam? Hoe maak ek met verlange na die Hartebeespoort dam? En toe semi greer ons liewer na die Wes-Kaap toe Van Somerset tot Stellenbosch na die Paarl toe Lekker in Hermanus daar is rooiwyn in my tee Nou braai ek met my pelle Pretoria by die see