Liefdeslied (Feat. Adam Tas, Ampie, Liezel Pieters & Pieter Koen)
Jak De Priester
4:13As die wêreld in my hart kom lê En sy spoke saggies in my oor kom sê Sal jy my kom soek Sal jy my kom soek? As my liefde soos die reën in die son verdwyn En alles wat ek glo is in ‘n bottel wyn Sal jy my kom soek Sal jy my kom soek? As die laaste druppels van my siel oorbly As ek doelloos sonder rigting in die stad rondry Sal jy my kom soek Sal jy my kom soek? Want ek weet daar’s altyd Elke keer net jy Wat my uit die donker Na die lig toe lei Jy laat my lewe Jy laat my opstaan Jy gee my weer redes om te leef Laat my terug huis toe gaan As die nag se paaie my oral lei As ek tot die son weer opkom by ‘n party bly Sal jy my kom soek Sal jy my kom soek? As ek koud kry op 'n warm somersdag As ek sonder dat ek vra om vergifnis wag Sal jy my kom soek Sal jy my kom soek? As die wêreld se tronk my agter trallies hou As ek oral om my mure en hoe heinings bou Sal jy my kom soek Sal jy my kom soek? Want ek weet daar's altyd Elke keer net jy Wat my uit die donker Na die lig toe lei Jy laat my lewe Jy laat my opstaan Jy gee my weer redes om te leef Laat my terug huis toe gaan As ek myself weer kon vind met baie liefde in my hart As ek myself weer kon vind sonder pyn en smart As ek myself weer kon stroop van die wêreld se mag As ek familie om my het en weer met vriende lag As ek saans weer kan slaap sonder spoke in my kop As ek kan nee sê vir die wêreld en ‘n laaste dop Sal jy my kom soek Sal jy my kom soek Want ek weet daar's altyd Elke keer net jy Wat my uit die donker Na die lig toe lei Jy laat my lewe Jy laat my opstaan Jy gee my weer redes om te leef Laat my terug huis toe gaan