Twee Huise

Twee Huise

Karlien Van Jaarsveld

Альбом: Sing Vir Liefde
Длительность: 2:29
Год: 2017
Скачать MP3

Текст песни

Partykeer is twee huise
Beter as een huis
Maar ek sal jul vashou
Tot aan die einde van tyd

Partykeer is twee mense
Net nie bedoel vir mekaar
Ek weet dit is moeilik
Maar in tyd sal jul verstaan

En ek belowe om julle altyd lief te hê
En te beskerm teen wat die wolwe buite sê
Eliah en Daniël
Ek is jammer
Ek sal als gee wat ek het

Partykeer het twee mense
Die beste intensies
Maar soms werk dit nie uit nie
Soos wat ons graag die boek wou skryf

My seuns ons maak foute
Ek wil hê dat jul moet weet
Ek gee dit my beste
Maar tyd sal alles leer

En ek belowe om julle altyd lief te hê
En te beskerm teen wat die wolwe buite sê
Eliah en Daniël
Ek is jammer

Partykeer is twee huise
Beter as een huis
Maar ek sal jul vashou
Tot aan die einde van tyd

En ek belowe om julle altyd lief te hê
En te beskerm teen wat die wolwe buite sê
Eliah en Daniël
Ek is jammer
Ek sal als gee wat ek het