Draadloosdae
Adam Tas
4:34Die herfs lê roesbruin in jou hare En die middernag maan het ‘n trourok aan dis net ek en jy wat sonder skadus staan En soos skimme in die mis normaal wees se laaste trein gaan mis En die dagbreek het ons onkant gevang Toe sy rooigloed skielik aan die takke hang teen die voet van die Wintersberg Word jou rooiwyn hart my herberg Maar die reën het steeds nie gekom nie Eens die kaktus wil meer blom nie Is als dan te vergeefs? En ek speel aan my ou rankiekie En sê die Here is nie meer hier nie Het Hy weg gegaan? Daar dryf Psalms op die fonteine Dit is David se mooiste lyne En Hy praat van jou My melk en heuning vrou Kom sing jou hallelujahs nagwag Tot die dag in stukkies om ons breek En kom dans jou tango in my lyf se gange met die bloed wat droog word op jou hande Om goodbye te sê bly maar wreed En spaar vir my ‘n splinter winter laatmiddag son En wag vir my op die voorstoep as die herders huis toe kom En as die wind die sterre doodwaai en die maan die seën dryf Bou ek my paintings op die canvas van jou lyf Maar die reën het steeds nie gekom nie Eens die kaktus wil meer blom nie Is als dan te vergeefs? En ek speel aan my ou rankiekie En sê die Here is nie meer hier nie Het Hy weg gegaan? Daar dryf Psalms op die fonteine Dit is David se mooiste lyne En Hy praat van jou My melk en heuning vrou