Skilpadtepel
Adam Tas
3:25My oupa Daan het altyd gesê Die Here het twee honde wat daar langs Hom lê Hulle name is goedheid en guns En hulle sal jou volg my seun Waar jy gaan Sy Afrikanerbees staan nou heup diep in die Smutsvingergras En sy tjom deur se PTO maak die mooiste geraas Hy plant patatas in die lanings Daar so byekorwe daar En hou oorlog in die kombuis Sy maak ‘n skaapboudjie gaar En by haar voete slaap goedheid en guns Hy plant patatas en pyptabak As sy koringlande lê En sy beeste voer hy vet my heuning En die eiers wat sy hoenders lê Daar hang ‘n uitgooi sekelmaan Hy bring die reën vir oupa Daan Hy plant patatas en pyptabak As sy koringlande staan Oupa Daan laai sy pyp met Bokser Skud die Lion meitjies in sy sak Kyk die drade en loop die waters As die laatmiddag son op hom bak Hy was ‘n man van die kerk en die KB Maar het selde oor beide gepraat Vir ou Oorlog in haar kombuis Was hy lief soos die Bosveld En by hul voete slaap goedheid en guns Hy plant patatas en pyptabak As sy koringlande lê En sy beeste voer hy vet my heuning En die eiers wat sy hoenders lê Daar hang ‘n uitgooi sekelmaan Hy bring die reën vir oupa Daan Hy plant patatas en pyptabak As sy koringlande staan Hy plant patatas en pyptabak As sy koringlande lê En sy beeste voer hy vet my heuning En die eiers wat sy hoenders lê Daar hang ‘n uitgooi sekelmaan Hy bring die reën vir oupa Daan Hy plant patatas en pyptabak As sy koringlande staan Hy plant patatas en pyptabak As sy koringlande staan