Spyskaart (Feat. Liezel Pieters)

Spyskaart (Feat. Liezel Pieters)

Jan Jan Jan

Альбом: Spyskaart
Длительность: 3:42
Год: 2021
Скачать MP3

Текст песни

Die kombuis staan leeg en die plaas is gesort, al wat ek kort is 'n deksel vir my dekselse pot, my ma vra my wat 'n vrou soek ek aan my sy?
Wel ek hou van dans, bietjie meer van eet en sy moet darem net so iets van pap ek kaiings weet, ek vra nie veel, sal selfs my laaste Rolo deel

Dan's die koeël deur die kerk en die vet sal spat, al wat ek weet is sy moet ook 'n tjop en doppie kan vat (Tjop en doppie)

Pannekoek en melktert saam met ontbyt, plaas brood geplak met 'n appelkoos konfyt
Die een wat by my pas, die een wat na my aard, weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart
Karringmelk, 'n mes of bietjie boerebeskuit, en dan 'n lepel kondensmelk in my koffie smyt
Die een wat by my pas, die een wat na my aard, weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart
Ja die een wat by my pas, die een wat na my aard, weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart

Soek 'n boer met 'n ekstra bietjie om die lyf, soek 'n man met 'n hemp om sy boepie styf, as hy kalorieë tel hou maar eers verby my pel (Hou maar eers verby)
Ek hou ook van dans, en nog meer van eet ek het so drie jaar laas in die gym gesweet, ek's gebou om te hou en ek bly steeds 'n volbloed vrou (Volbloed vrou)

Dan's die koeël deur die kerk, soek sy hande sterk, hy beter weet hoe om 'n lekker stukkie deegie te werk (Stukkie deegie)

Pannekoek en melktert saam met ontbyt, plaasbrood geplak met 'n appelkoos konfyt
Lank, kort of rond maar net nie lig soos 'n graad, jy weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart
Move weg die hoender, jy weet ek like nie slaai nie verniet drie Webers in my lewe op gebraai nie
Die een wat by my pas, die een wat na my aard, weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart
Ja die een wat by my pas, die een wat na my aard, weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart

Want jy hoef nie te lyk soos 'n Speedo model, en jy hoef niks te weet van porsies tel
Die lewe is al klaar heeltemaal te swaar, kom ons geniet die lewe en ons geniet mekaar

Pannekoek en melktert saam met ontbyt, plaas brood geplak met 'n appelkoos konfyt
Lank, kort or rond maar net nie lig soos 'n graad, jy weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart
Move weg die hoender, jy weet ek like nie slaai nie, verniet drie Webers in my lewe op gebraai nie
Die een wat by my pas, die een wat na my aard, weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart
Ja die een wat by my pas, die een wat na my aard, weet die pad na my hart lê in 'n spyskaart