Vier Seisoene Kind (Feat. Francois Van Coke)
Tasché
3:46As ek kyk na jou glimlag, ek luister na jou lag Die prente in ons voorhuis, geraamtes in die kas Die mure nou vol gate, ons liefde so verlate Die stilte in ons kamer, kaalvoet kinders in die strate Sal jy vir my wag? Of sal jy eerder verder stap? In die diepte van die nag Is daar iemand wat daar buite wag? Sal jy vir my sê? Sal jy vir my sê waar jou drome lê? Ek’s verlore sonder jou In die donker soek ek weer na jou Die vlamme in jou hart het saggies nou verdwyn Die liefde in jou hart is nou ‘n groot geheim Stukkies in jou kamer en die stilte in die gange Gekraakte potte water, kom ons soen, ek sien jou later Sal jy vir my wag? Of sal jy eerder verder stap? In die diepte van die nag Is daar iemand wat daar buite wag? Sal jy vir my sê? Sal jy vir my sê waar jou drome lê? Ek’s verlore sonder jou In die donker soek ek weer na jou Sal jy vir my sê? Sal jy vir my sê waar jou drome lê? Ek’s verlore sonder jou In die donker soek ek weer na jou Ek’s verlore sonder jou In die donker soek ek weer na jou Ek is verlore sonder jou In die donker soek ek weer na jou