Skilpadtepel
Adam Tas
3:25Haar skoonheid is so groot soos die Heer se genade Daar’s beloftes wat knetter in haar oë Haar woorde is soos kweper sade En daar’s ‘n plekkie vir my om te woon in haar My moeder is ‘n taal sy word soeter en soeter Op die lippe van dié wat haar praat Ja my moeder is ‘n taal sy word soeter en soeter Op my lippe as ek met haar praat Haar tong is my mondeering En haar asem is soos die wind Haar are is rooi riviere En haar bloed lê gemors op die tonge van haar seuns My moeder is ‘n taal sy word soeter en soeter Op die lippe van dié wat haar praat Ja my moeder is ‘n taal sy word soeter en soeter Op my lippe as ek met haar praat