Mense Van My Asem

Mense Van My Asem

Juan Boucher

Альбом: Onthou Jy Om Jonk'
Длительность: 4:06
Год: 2017
Скачать MP3

Текст песни

Ek weet jy soek 'n beter lewe en ek is altyd op die pad
En ek wil ook 'n bietjie rustig raak het die storm my gevat en ek het
Baie op my knieë gebid
Om te wees wie ek wil wees en ek sou
Nooit gedink het ek sou
Vir so baie mense wees wie ek nou is nie
Vir die mense van my asem (Mense van my asem)

Uitgebrande hout het ek my hande oor die kole en jyt 'n
Smile op jou gesig in jou gedig het jy belowe ek wil
Net hier by jou wees
Maar in liggaam en in gees het jy te
Swak geraak vir alles
Ek het dit vir jou gelees so wel met asem
Vir die mense van my asem

Ek wil weet of jy weet hierdie hart is te hard
Om te veg wie ek is? (Wie ek is)
Ek wil hou want onthou ek het die klippe gekou
Om te bou wat ek het (Bou wat ek het)

Ek sal wag tot my stem hierdie ruit toe wasem
Vir die mense van my asem
Ek sal wag tot my stem hierdie ruit toe wasem
Vir die mense van my asem

Rustelose aande want jy weet ek is 'n dromer en ek stap
Baie in 'n veld tussen 'n duisend doring bome en my
Pad is uitgelê om te sing wat ek moet sê nou hou
Jy nie meer vas nie en dis nie wie ons was nie so haal net asem
Vir die mense van my asem

Soos die winde waai breek my hart hier saam die branders en die
Pad wat jy wil hê is net te groot vir iemand anders en ek
Loop vir lank alleen
Soos drome in die reen en ek is
Net vir jou geleen
Waar gaan jy met my heen kan ek net daar sing?
Vir die mense van my asem

Ek wil weet of jy weet hierdie hart is te hard
Om te veg wie ek is? (Wie ek is)
Ek wil hou want onthou ek het die klippe gekou
Om te bou wat ek het (Bou wat ek het)

Ek sal wag tot my stem hierdie ruit toe wasem
Vir die mense van my asem
Ek sal wag tot my stem hierdie ruit toe wasem
Vir die mense van my asem

Ek wil weet of jy weet hierdie hart is te hard
Om te veg wie ek is?
Ek wil hou want onthou ek het die klippe gekou
Om te bou wat ek het

Ek sal wag tot my stem hierdie ruit toe wasem
Vir die mense van my asem
Ek sal wag tot my stem hierdie ruit toe wasem
Vir die mense van my asem